Tuis Lees Sagteware

Wat sê ons kliente?

5/5

Ek kan regtig getuig dat die leesprogram werk. Ek gebruik hom nog nie lank nie en gebruik dit vir 2 kindertjies wat in my klas geweldig sukkel. En na 3 maande kan ek beslis klaar ‘n verskil agterkom. Ek kan Solar lees beslis met ‘n oop gemoed aanbeveel

Helen van Eeden
Onderwyser
5/5

Baie dankie vir die Solar lees program. Ja, dit het my dogter se lees vermoë baie verbeter.
In die begin het dit maar haak en stoot gegaan, maar toe begin dit verbeter. Wat ook baie gehelp het is met haar begrip toetse. Dit was eers groot gesukkel maar nou gaan dit punt in die wind en haar geheue het ook verbeter. Daar is nog harde werk voor maar ons is vol moed.

Henk Jacobs
Ouer
5/5

My seun sê Solar Lees werk eerlik waar die beste, dis maklik en vining. My dogter sê Solar Lees help haar baie veral met haar Engels. Ek kan werklik ‘n verskil sien in hulle leesvaardigheid in al hulle vakke! Ek het baie geld in die verlede gemors op ander opsies, maar dankbaar dat die bekostigbare program ‘n groot verskil maak vir my kinders. Mamma jy hoef nie eers meer rond te ry nie… BESTE BONUS my kinders kan nou gedurende “Lockdown” nogsteed lees oefen in Afrikaans en Engels!!

Debbie du Toit
Ouer