Tuis Lees Sagteware

Vanaf Graad 1 tot Graad 12 in Afrikaans en Engels

Solar Lees Premium plus ons Gratis Leesevaluasietoets kan afgelaai word op jou Windows rekenaar of skootrekenaar.

NB: Nie vir gebruik op Selfone of Tablette nie!

Solar Lees Eienskappe en Voordele

6 Verskillende oog oefeninge

6 oog oefeninge om u kind se oë te oefen. Iets wat nie gedoen kan word deur 'n boek te lees nie!

Konsentrasie Oefeninge

Woord begrip en spel oefeninge om jou kind te help fokus.

Oogspan-oefeninge

2 Goeie oogspan oefeninge sal help om hulle oogspan en kolomlees, te verbeter.

Verbeter Leesspoed

Leesspoed meting, begrip en geheue oefeninge sal jou kind se leesvermoë en selfvertroue help verbeter.

Loerlees

Hierdie oefening is uniek aan Solar Lees en sal help om jou kind te leer om die sleutelwoorde in ʼn leesstuk te herken, teen tyd!

Afrikaans en Engels

Wanneer jy belê in Solar Lees vir jou kind, is die program in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Wat sê ons kliente?

5/5

Ek kan regtig getuig dat die leesprogram werk. Ek gebruik hom nog nie lank nie en gebruik dit vir 2 kindertjies wat in my klas geweldig sukkel. En na 3 maande kan ek beslis klaar ‘n verskil agterkom. Ek kan Solar lees beslis met ‘n oop gemoed aanbeveel

Helen van Eeden
Onderwyser
5/5

Baie dankie vir die Solar lees program. Ja, dit het my dogter se lees vermoë baie verbeter.
In die begin het dit maar haak en stoot gegaan, maar toe begin dit verbeter. Wat ook baie gehelp het is met haar begrip toetse. Dit was eers groot gesukkel maar nou gaan dit punt in die wind en haar geheue het ook verbeter. Daar is nog harde werk voor maar ons is vol moed.

Henk Jacobs
Ouer
5/5

My seun sê Solar Lees werk eerlik waar die beste, dis maklik en vining. My dogter sê Solar Lees help haar baie veral met haar Engels. Ek kan werklik ‘n verskil sien in hulle leesvaardigheid in al hulle vakke! Ek het baie geld in die verlede gemors op ander opsies, maar dankbaar dat die bekostigbare program ‘n groot verskil maak vir my kinders. Mamma jy hoef nie eers meer rond te ry nie… BESTE BONUS my kinders kan nou gedurende “Lockdown” nogsteed lees oefen in Afrikaans en Engels!!

Debbie du Toit
Ouer

Solar Lees 2020

100% Geld Terug Waarborg!

Ons is so vol vertroue dat Solar Lees die oplossing is vir jou kind se lees probleme, ons bied ‘n 100% Geld Terug Waarborg! Nie net dit nie, jy kan selfs die program hou na die terugbetaling met ons komplimente!

Voorwaarde: Al wat jy hoef te doen is om jou kind se Solar Lees vorderingsverslae aan ons te stuur wat sal wys u kind het die program gebruik vir 6 maande. (Ouers…Programme wat stof opgaar en nie gebruik word nie werk nie en word nie gedek onder hierdie waarborg nie!)